Joel 2:10 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Die aarde sal voor hulle bewe; die hemele sal bewe: die son en die maan sal donker word, en die sterre sal hul glans onttrek.
Afrikaans (NLV) 2011
Soos hulle voortbeweeg, skud die aarde en bewe die hemel. Die son en die maan verdonker en die sterre skyn nie meer nie.
Afrikaans 1933/1953
Voor hulle bewe die aarde, sidder die hemel; die son en die maan word swart, en die sterre trek hulle glans in.
Afrikaans 1983
Die aarde skrik vir hulle, die hemel bewe; die son en die maan word donker, die sterre verloor hulle glans.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Voor hierdie volk bewe die aarde, skud die hemele. Son en maan word duister, die sterre hou hulle glans terug.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Wanneer die sprinkane kom, dan bewe die aarde en skud die hemel. Dan word die son en die maan donker, en die sterre skyn nie meer nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Die aarde bewe van skrik wanneer hulle aankom en die hemel sidder; dit word pikdonker rondom hulle; dit lyk of die son en die maan nie meer skyn nie en of die sterre al hulle glans verloor het.