Joel 2:11 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En die HERE sal sy stem verhef voor sy leër, want sy laer is baie groot, want hy is sterk wat sy woord uitvoer; want die dag van die HERE is groot en baie vreeslik; en wie kan dit verduur?
Afrikaans (NLV) 2011
Die Here roep hard uit terwyl Hy hulle lei. Hulle is sy magtige leër en gehoorsaam sy bevele. Die Dag van die Here is iets angswekkends, iets verskrikliks. Wie kan dit oorleef?
Afrikaans 1933/1953
En die HERE verhef sy stem voor sy leërmag uit; want geweldig groot is sy leër, ja, magtig die uitvoerder van sy woord. Want die dag van die HERE is groot en uitermate vreeslik, en wie kan dit verdra?
Afrikaans 1983
Die Here laat sy stem weerklink voor sy leërmag uit. Sy leër is ontsaglik groot, dié wat die Here se bevel uitvoer, is sterk. Die dag van die Here is 'n groot dag, 'n verskriklike dag; wie is daarteen bestand?
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
En die Here self verhef sy stem voor sy leërmag uit, want geweldig groot is sy leër, ja, magtig is hulle wat sy bevel uitvoer. Voorwaar, die dag van die Here is groot, uitermate verskriklik – wie kan dit verduur?
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Dit is die Here self wat die sprinkane bring. Die sprinkane is sy soldate, en Hy roep hulle om te kom. Hulle is baie soldate en hulle is sterk, en hulle almal luister na Hom. Ja, die dag van die Here is 'n vreeslike dag! Dit is 'n verskriklike dag, niemand sal lewe wanneer daardie dag verby is nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Die Here voer sy leër aan met ’n oorlogskreet. Hy roep hulle op om te veg. Dit is ’n reuseleër wat presies doen wat die Here sê. Die dag van die Here is ’n verskriklike dag. Wie sal dit kan oorleef?