Joel 2:16 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Versamel die volk, heilig die vergadering, laat die oudstes bymekaarkom, versamel die kinders en dié wat die borste suig; laat die bruidegom uit sy kamer uitgaan en die bruid uit haar kleedkamer.
Afrikaans (NLV) 2011
Bring die volk byeen en wy die vergadering toe aan die Here. Bring die leiers, die kinders en selfs die babas bymekaar. Laat die bruidegom uit sy kamer kom en die bruid uit haar bruidskamer.
Afrikaans 1933/1953
Versamel die volk, heilig die gemeente, vergader die oudstes, versamel die kinders en die suiglinge! Laat die bruidegom uit sy kamer uitgaan en die bruid uit haar slaapvertrek.
Afrikaans 1983
Roep die volk op, reinig die gemeente, laat die leiers bymekaarkom, bring die kinders bymekaar, selfs dié wat nog drink. Die bruidegom moet uit sy kamer uitkom, die bruid uit haar wittebroodskamer.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Roep die volk byeen, heilig die geloofsgemeenskap, versamel die oudstes, maak die kinders bymekaar, ook die suigelinge. Laat die bruidegom uit sy kamer kom, die bruid uit haar bruidskamer.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Julle moet die mense bymekaarmaak en die gemeente wy, julle moet al die mense bymekaarmaak, die mense wat oud is, die kinders en ook die babatjies wat nog aan hulle ma’s drink. Die bruidegom en die bruid moet ook uitkom uit hulle slaapkamer.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Kry almal bymekaar. Maak hulle gereed vir ’n spesiale byeenkoms. Bring die oumense, die kinders en die babas. Selfs pasgetroude paartjies wat op wittebrood is, moet hierdie vergadering bywoon.