Joel 2:17 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Laat die priesters, die dienaars van die HERE, ween tussen die voorportaal en die altaar, en laat hulle sê: Spaar u volk, HERE, en gee u erfdeel nie aan smaad nie, dat die heidene oor hulle sou heers nie; waarom moet hulle sê onder die volk: Waar is hulle God?
Afrikaans (NLV) 2011
Die priesters wat in diens is van die Here moet tussen die voorportaal en die altaar gaan staan en huil. Hulle moet bid: “Here, spaar u volk! Hulle behoort aan U. Moenie toelaat dat ander met hulle die spot dryf nie. Moenie toelaat dat nasies slagspreuke oor hulle maak nie. Waarom moet die volke onder mekaar sê: ‘Waar is die God van Israel?’”
Afrikaans 1933/1953
Laat die priesters, die dienaars van die HERE, tussen die voorportaal en die altaar ween en sê: o HERE, spaar u volk, en gee u erfdeel nie oor aan smaadheid, dat die nasies met hulle spot nie; waarom sou hulle onder die volke sê: Waar is hulle God?
Afrikaans 1983
Die priesters wat in die diens van die Here staan, moet tussen die voorportaal en die altaar gaan staan en huil, hulle moet sê: “Betoon medelye met u volk, Here, moenie die volk wat aan U behoort, tot 'n bespotting maak, sodat die nasies met hulle sal spot nie. Waarom moet daar onder die volke gevra word: Waar is Israel se God?”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Tussen die voorhof en die altaar moet die priesters huil, hulle wat in diens van die Here staan. Hulle moet sê: “Spaar u volk, Here, moet u erfdeel nie oorgee aan vernedering, sodat nasies met hulle spot nie. Waarom moet hulle onder die volke vra, ‘Waar is hulle God?’ ”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Die priesters moet dan tussen die tempel en die altaar staan en hulle moet huil. Die priesters, die mense wat vir die Here werk, moet dan bid en sê: “Here, U moet asseblief jammer wees vir u volk, ons behoort aan U. Die ander volke spot en lag vir ons. U moet hulle stop. Hulle sê: ‘Waar is daardie mense se God? Hoekom help Hy hulle nie?’ ”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Die priesters wat in diens van die Here is, moet tussen die ingang van die tempel en die altaar, daar waar die offers gebring word, gaan staan en huil. Hulle moet ernstig bid: “Here, kry u mense jammer. Moenie toelaat dat ander volke spot met ons wat aan U behoort en vermakerig vir ons vra: ‘Waar is Israel se God?’ nie.”