Joel 2:21 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Wees nie bevrees nie, o land; wees bly en juig, want die HERE sal groot dinge doen.
Afrikaans (NLV) 2011
Julle moenie bang wees nie, my volk! Wees bly en verheug julle, want die Here het groot dinge gedoen!
Afrikaans 1933/1953
Wees nie bevrees nie, o aarde, juig en wees bly, want die HERE doen groot dinge!
Afrikaans 1983
Jy moenie bang wees nie, ploegland, jy moet bly wees en juig, want die Here het 'n wonder gedoen.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
“ Moenie bang wees nie, landerye, juig en wees bly, want die Here doen groot dinge!
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Die mense van die land moenie bang wees nie, hulle moet bly wees en juig, want die Here sal 'n wonderwerk doen.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Hou dadelik op om bang te wees, ploeglande. Wees baie bly en juig, want die Here het ’n groot wonderwerk gedoen.