Joel 2:22 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Wees nie bevrees nie, diere van die veld, want die weivelde van die woestyn spruit uit, want die boom dra sy vrugte, die vyeboom en die wingerdstok gee hulle krag.
Afrikaans (NLV) 2011
Moenie bang wees nie, diere van die veld! Binnekort sal die weiding groen wees. Die bome sal weer vol vrugte wees. Die vyebome en wingerde sal weer volop vrugte dra.
Afrikaans 1933/1953
Wees nie bevrees nie, diere van die veld, want die weivelde van die woestyn spruit uit, want die bome dra hulle vrugte, die vyeboom en die wingerdstok lewer hulle drag!
Afrikaans 1983
Julle moenie bang wees nie, vee in die veld, want die weiveld word groen, die bome dra vrugte, die vyebome en die wingerd staan in volle drag.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Moenie bang wees nie, wilde diere, want die weiding van die woestyn word groen, ja, die bome dra hulle vrugte, die vyeboom en die wingerdstok lewer hulle volle opbrengs.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Die diere moenie bang wees nie, want die veld waar die diere wei, sal groen word. Die bome sal vrugte kry, daar sal baie vye en druiwe wees.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Ook julle, diere van die veld, hou dadelik op om bang te wees, want die weivelde is nou weer groen en daar is vrugte aan die bome. Die vyebome en die wingerde is oortrek van die vrugte.