Joel 2:23 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Wees dan bly, kinders van Sion, en jubel in die HERE julle God, want Hy het die vorige reëns matig gegee, en Hy sal vir julle die reën laat neerdaal, die vorige reëns en die laat reëns in die eerste maand.
Afrikaans (NLV) 2011
Wees bly, inwoners van Jerusalem! Juig oor die Here julle God! Die reën wat Hy stuur, is ’n bewys van sy genade. Die herfsreëns en die lentereëns sal weer oorvloedig wees soos voorheen.
Afrikaans 1933/1953
En julle, kinders van Sion, juig en wees bly in die HERE julle God, want Hy gee julle die leraar tot geregtigheid en laat op julle neerdaal die reën, die vroeë reëns en die laat reëns, soos voorheen.
Afrikaans 1983
Inwoners van Sion, julle moet bly wees en juig tot eer van die Here julle God, want Hy het die reëns betyds laat kom, Hy het die vroeë en die laat reën soos voorheen gegee.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
“Kinders van Sion, juig en wees bly in die Here julle God, want Hy gee vir julle reën as teken van geregtigheid, soos voorheen, sal Hy stortbuie en laatreëns vir julle laat uitsak.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
En julle, mense van Jerusalem, julle moet juig, julle moet bly wees oor julle God die Here, want Hy gee vir julle reën op die regte tyd, Hy gee reën vroeg in die jaar en ook laat in die jaar, soos Hy voorheen gedoen het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Wees bly, inwoners van Sion, juig tot eer van die Here julle God! Die reën wat van Hom af kom, is ’n teken dat Hy regtig vir julle omgee. Dit is Hy wat die winterreën laat kom het en die lentereën weer laat val het, presies soos voorheen.