Joel 2:25 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En Ek sal jou die jare teruggee wat die sprinkaan geëet het, die kankerwurm en die ruspes en die palmwurm, my groot leër wat Ek onder julle gestuur het.
Afrikaans (NLV) 2011
Die Here sê: “Ek sal herstel wat julle deur die stropersprinkane, die snysprinkane, die swermsprinkane en die jong sprinkane verloor het. Ek het hierdie groot, vernietigende leër teen julle gestuur.
Afrikaans 1933/1953
En Ek sal julle vergoed die jare wat die treksprinkaan, die voetganger, die kaalvreter en die afknyper verslind het -- my groot leërmag wat Ek teen julle gestuur het.
Afrikaans 1983
Ek sal julle vergoed vir die tyd van sprinkaanswerm op sprinkaanswerm toe my groot leër wat Ek teen julle gestuur het, julle verteer het.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
“ Ek sal julle vergoed vir die jare toe die treksprinkane, die voetgangers, die kaalvreters en die ruspes alles opgevreet het, daardie groot leërmag van My wat Ek teen julle uitgestuur het.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Die Here sê: “Ek het vier maal sprinkane na julle toe gestuur, die sprinkane was my soldate en hulle was baie. Maar nou sal dit weer goed gaan met julle.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Ek sal opmaak vir dit wat julle verloor het toe Ek al daardie sprinkane gestuur het om julle oeste te verwoes.