Joel 2:26 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En julle sal in oorvloed eet en versadig word en die Naam van die HERE julle God loof wat wonderbaarlik aan julle gehandel het; en my volk sal nooit beskaamd staan nie.
Afrikaans (NLV) 2011
“Julle sal weer al die kos kry wat julle begeer. Julle sal die Here julle God loof wat hierdie wonders vir julle moontlik maak. My volk sal nooit weer so in die skande kom nie.
Afrikaans 1933/1953
Dan sal julle oorvloedig eet en versadig wees en die Naam van die HERE julle God prys wat wonderbaar met julle gehandel het, en my volk sal in ewigheid nie beskaamd staan nie.
Afrikaans 1983
Julle sal oorgenoeg hê om te eet, julle sal die Naam van die Here julle God prys, Hy wat wonders vir julle gedoen het. My volk sal nooit weer in die skande kom nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Dan sal julle oorgenoeg kan eet en versadig word, en julle sal die Naam van die Here julle God loof, wat wonderlike dinge met julle laat gebeur het. My volk sal nooit weer in die skande kom nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Julle sal baie kos hê, meer as wat julle kan eet. Julle sal die Naam van julle God die Here prys. Ek sal vir julle wonderwerke doen, en die ander volke sal my volk nooit weer spot nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Julle sal weer genoeg hê om te eet. Dan sal julle die Naam van die Here julle God grootmaak en loof vir die wonderlike dinge wat Hy vir julle gedoen het. My volk sal nooit weer so verneder word nie.