Joel 2:27 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En julle sal weet dat Ek in die midde van Israel is en dat Ek die HERE julle God is en niemand anders nie; en my volk sal nooit beskaamd staan nie.
Afrikaans (NLV) 2011
Julle sal weet dat Ek onder my volk Israel teenwoordig is. Net Ek is die Here julle God, niemand anders nie! My volk sal nooit weer so in die skande kom nie.”
Afrikaans 1933/1953
En julle sal weet dat Ek in die midde van Israel is, en dat Ek die HERE julle God is, en niemand anders nie; en my volk sal in ewigheid nie beskaamd staan nie.
Afrikaans 1983
Dan sal julle besef dat Ek by Israel is, dat Ek die Here julle God is, dat daar buiten My nie 'n ander is nie. My volk sal nooit weer in die skande kom nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Dan sal julle weet dat Ek in julle midde is, Israel. Ek is die Here julle God en niemand anders nie. My volk sal nooit weer in die skande kom nie.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Julle sal weet dat Ek by die Israeliete is, Ek is julle God die Here, daar is nie 'n ander God nie. Die ander volke sal nooit weer my volk spot nie.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Dan, Israel, sal julle weet dat Ek regtig by julle is en dat net Ek, die Here, julle God is, niemand anders nie. My volk sal nooit weer so verneder word nie.