Joel 2:3 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
'n Vuur verteer voor hulle; en agter hulle brand 'n vlam; die land is soos die tuin van Eden voor hulle, en agter hulle 'n woeste woestyn; ja, en niks sal hulle ontvlug nie.
Afrikaans (NLV) 2011
Voor die leër brand vuur en agter volg ’n brandende vlam. Voor hulle lê die land soos die Tuin van Eden, maar agter die leër is ’n verlate verwoesting gelaat. Niks kan hulle ontsnap nie.
Afrikaans 1933/1953
Voor hom uit verteer 'n vuur, en agter hom brand 'n vlam; voor hom lyk die land soos die tuin van Eden, en agter hom is dit 'n woeste wildernis; ook kan niks daaraan ontkom nie.
Afrikaans 1983
Die leër se voorhoede is 'n vuur wat verteer, sy agterhoede 'n vlam wat brand. Voor die koms van die sprinkaanswerm is die veld soos die tuin van Eden; as hy verby is, is dit 'n onbewoonbare woestyn. Hy laat niks oorbly nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Voor hulle uit verteer 'n vuur, en agter hulle verskroei 'n vlam. Soos die tuin van Eden is die land voor hulle, maar agter hulle lê 'n verlate woestyn. Boonop is dit nie moontlik om van hulle te ontvlug nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Waar die voorste sprinkane vreet, lyk dit of 'n vuur alles afbrand, en wanneer die agterste sprinkane weggaan, dan is die veld so kaal soos wanneer dit afgebrand het. Voordat die sprinkane kom, lyk die veld soos 'n baie mooi tuin, en wanneer hulle weggaan, dan lyk die veld soos 'n woestyn. Niks kan daar lewe nie. Daar bly niks oor nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Dit is of hulle soos ’n vuur alles voor en agter hulle sal verbrand. Voor hulle lyk die land soos die tuin van Eden, maar wanneer hulle daardeur getrek het, lyk dit net soos ’n woestyn sonder enige lewe. Niks of niemand kan voor hulle wegvlug nie.