Joel 2:4 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Hulle voorkoms is soos die voorkoms van perde; en soos ruiters, so sal hulle hardloop.
Afrikaans (NLV) 2011
Hulle lyk soos perde en hulle galop soos oorlogsperde.
Afrikaans 1933/1953
Sy voorkoms is soos die van perde, en net soos ryperde so hardloop hulle.
Afrikaans 1983
Sy manskappe lyk soos perde, hulle galop soos ryperde.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Soos perde lyk hulle, soos oorlogsperde, so hardloop hulle.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Die sprinkane lyk soos perde, hulle hardloop soos vinnige perde.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Hulle lyk soos oorlogsperde wanneer hulle aankom en hulle hardloop ook net so vinnig.