Joel 2:5 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Soos die geraas van strydwaens op die toppe van berge sal hulle spring, soos die geraas van 'n vuurvlam wat die stoppels verteer, soos 'n magtige volk wat in 'n slagorde staan.
Afrikaans (NLV) 2011
Hulle klink soos strydwaens wat oor die heuweltoppe voortdreun! Hulle raas soos vuur wat ’n grasveld verteer of soos ’n magtige leër wat gereed is om oorlog te maak.
Afrikaans 1933/1953
Soos die gedruis van waens huppel hulle oor die bergtoppe, soos die geknetter van 'n vuurvlam wat die kaf verteer, soos 'n magtige volk wat vir die geveg opgestel is.
Afrikaans 1983
Op die bergtoppe dreun hulle soos strydwaens, knetter hulle soos die vuur van 'n grasbrand wanneer dit strooi verbrand, rumoer hulle soos 'n groot leër wat klaarmaak om te veg.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Soos met die geratel van strydwaens storm hulle oor die bergtoppe, soos die geknetter van vlamme wat strooi verteer, soos 'n magtige volk wat vir die oorlog opgestel is.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Hulle raas soos wanneer oorlogkarre oor die berge jaag, hulle raas soos wanneer kaf in 'n vuur brand, soos wanneer baie soldate aankom om oorlog te maak.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Hulle klink soos strydwaens wat op pad is na die slagveld toe wanneer hulle oor die bergtoppe beweeg. Hulle knetter soos droë gras in ’n veldbrand. Hulle lyk net soos ’n magtige leër wat besig is om saam te trek voor die groot geveg.