Joel 2:7 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Hulle sal hardloop soos helde; hulle sal die muur klim soos krygsmanne; en hulle sal elkeen op sy weë trek en hulle geledere nie verbreek nie.
Afrikaans (NLV) 2011
Die dapper soldate storm vorentoe, soos opgeleide manskappe klim hulle oor die mure. Hulle marsjeer doelgerig vorentoe, niks laat hulle van hulle koers afwyk nie.
Afrikaans 1933/1953
Soos helde hardloop hulle, soos krygsmanne klim hulle op die muur, en elkeen gaan sy eie koers; hulle verander nie van pad nie.
Afrikaans 1983
Hulle storm vorentoe soos dapper soldate, hulle klim oor die stadsmure. Elkeen gaan reg vorentoe, hulle verander nie van rigting nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Soos krygshelde storm hulle, soos krygsmanne klim hulle teen die stadsmuur uit: Elkeen van hulle gaan reguit vorentoe, hulle verander nie van rigting nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Die sprinkane hardloop soos soldate wat kom oorlog maak, hulle klim bo-oor die stad se mure. Elkeen gaan reguit vorentoe, hy draai nie links of regs nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Hulle val aan soos sterk soldate en klim oor die stadsmure soos opgeleide troepe. Hulle ken net een pad en dit is reguit vorentoe. Nie een van hulle verander van koers