Joel 2:8 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Die een sal ook nie die ander stoot nie; hulle sal elkeen op sy pad wandel, en as hulle op die swaard val, sal hulle nie verwond word nie.
Afrikaans (NLV) 2011
Hulle stamp nooit teen mekaar nie, elkeen bly op sy regte plek. Hulle bars deur die verdediging, geen wapen kan hulle stop nie.
Afrikaans 1933/1953
En die een druk nie die ander nie; elkeen gaan sy eie pad; en tussen wapens deur val hulle; maar hulle bly in gelid.
Afrikaans 1983
Die een stamp nie teen die ander nie; elkeen bly op sy pad. Hoe hulle ook sneuwel voor die verdediging, hulle raak nie van koers af nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Die een hinder die ander nie, elke manskap bly op koers; al sneuwel sommige onder die aanslag, hulle wyk nie af nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Hulle stamp nie teen mekaar nie, elkeen loop op sy eie pad. Die mense gooi baie sprinkane met klippe dood, maar die ander sprinkane staan nie stil nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
of kom in die ander een se pad nie. Hulle weet presies wat om te doen. Hulle breek deur elke verdediging asof dit nie bestaan nie. Daar is niks wat hulle kan keer nie.