Joel 3:11 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Versamel julle en kom, alle nasies, en versamel julle rondom; laat daarheen u magtiges afdaal, HERE.
Afrikaans (NLV) 2011
Al julle nasies van die omringende omgewings, kom gou! Kom bymekaar in die Josafatlaagte.” Here, bring u soldate af daarheen!
Afrikaans 1933/1953
Haas julle en kom aan, alle nasies rondom, en versamel julle. Laat u helde, HERE, daarheen aftrek!
Afrikaans 1983
Maak gou en kom, al julle nasies van die omgewing.” Laat hulle bymekaarkom, en bring u leërmag af daarheen, Here!
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Maak gou en kom, maak al die omringende nasies bymekaar. Here, laat u krygshelde terugkeer!
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Die volke wat daar naby woon, moet gou maak en bymekaarkom, en die Here moet sy soldate bring.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Julle moet gou maak. Maak al die volke uit die omgewing bymekaar en bring hulle af na die vallei toe. En nou, Here, stuur u magtige leër om al daardie mense aan te val!