Joel 3:12 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Laat die nasies wakker word en optrek na die dal van Jósafat, want daar sal Ek sit om te oordeel oor al die nasies rondom.
Afrikaans (NLV) 2011
“Die nasies moet wapens opneem en na die Josafatlaagte toe optrek. Daar sal Ek oor al die nasies van die omgewing oordeel.
Afrikaans 1933/1953
Die nasies moet hulle klaarmaak en optrek na die dal van Josafat; want daar sal Ek sit om gerig te hou oor al die nasies rondom.
Afrikaans 1983
Die nasies moet aanstorm en opruk na die Josafatlaagte toe, want dáár sal Ek sit om al die nasies van die omgewing te straf.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
“Die nasies moet in beweging kom en optrek na die vallei van Josafat, want dit is waar Ek gaan sit om al die omringende nasies te oordeel.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Die volke moet na die Josafat-vallei kom, want daar sal Ek die regter wees. Ek sal die volke straf wat naby woon.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Ek, die Here, sê: Al die ongelowige volke moet hulle soldate bymekaarmaak en aftrek na die vallei van Josafat toe. Daar sal Ek as Regter optree om hulle almal te straf.