Joel 3:17 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
So sal julle weet dat Ek die HERE julle God is wat op Sion, my heilige berg, woon; dan sal Jerusalem heilig wees, en geen vreemdelinge sal meer daardeur trek nie.
Afrikaans (NLV) 2011
“Julle sal dan weet dat Ek, die Here julle God, op Sion, my heilige berg, woon. Jerusalem sal altyd ’n heiligdom wees. Geen vreemdelinge sal meer daar deurtrek nie.
Afrikaans 1933/1953
Dan sal julle weet dat Ek die HERE julle God is, wat woon op Sion, my heilige berg; dan sal Jerusalem 'n heiligdom wees waar geen vreemdes meer deur sal trek nie.
Afrikaans 1983
Dan sal julle besef dat Ek, die Here, julle God is. Ek woon op Sion, my heilige berg. Dan sal Jerusalem heilig wees, vreemde nasies sal nie meer daardeur trek nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
“Dan sal julle weet dat Ek, die Here, julle God is, wat woon op Sion, my heilige berg. Dan sal Jerusalem 'n heilige plek wees, en vreemdes sal nie weer deur haar gebied trek nie.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Dan sal julle weet dat Ek, die Here, op Sionsberg woon. Ek is julle God die Here, en Sion is my gewyde berg. Jerusalem sal 'n gewyde stad wees. Vyande sal nooit weer deur die stad gaan nie.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
In daardie tyd sal julle besef dat Ek, die Here julle God, daar van my berg Sion af heers. Dan sal Jerusalem se mense volledig aan My behoort en doen wat Ek sê. Geen volk wat My verwerp, sal dit ooit weer inneem nie.