John 1:13 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Wat nie uit bloed of uit die wil van die vlees of uit die wil van 'n mens gebore is nie, maar uit God.
Afrikaans (NLV) 2011
Hulle is nie deur ’n natuurlike proses gebore nie, en ook nie na aanleiding van die wilsbesluit van ’n man nie. Hulle is uit God gebore.
Afrikaans 1933/1953
wat nie uit die bloed of uit die wil van die vlees of uit die wil van 'n man nie, maar uit God gebore is.
Afrikaans 1983
Hulle is dit nie van nature nie, nie deur die drang van 'n mens of die besluit van 'n man nie, maar hulle is uit God gebore.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Hulle is nie uit bloed nie, ook nie uit liggaamlike drang nie, ook nie uit die wil van 'n man nie, maar uit God gebore.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Elke mens het 'n pa, maar die kinders van God het nóg 'n pa. Hulle Vader is God self.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
God self het daarvoor gesorg dat hulle as sy kinders gebore word. En dit is iets heeltemal anders as om die kind van ’n gewone aardse pa te wees wat bloot besluit het dat hy ’n kind wil hê.