John 1:15 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Johannes het van hom getuig en uitgeroep en gesê: Dit was hy van wie ek gespreek het: Hy wat ná my kom, is voor my verkies, want hy was voor my.
Afrikaans (NLV) 2011
Johannes getuig oor Hom en roep uit: “Hy is die Een wat ek bedoel het toe ek gesê het: ‘Hy wat ná my kom, het reeds voor my bestaan omdat Hy groter is as ek.’”
Afrikaans 1933/1953
Johannes getuig van Hom en roep en sê: Dit was Hy van wie ek gesê het: Hy wat nmy kom, het voor my geword, want Hy was eerder as ek.
Afrikaans 1983
Johannes getuig van Hom en roep uit: “Dit is Hy wat ek bedoel het toe ek gesê het: Hy wat ná my kom, is my vóór, want Hy was voor my reeds daar.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Johannes getuig oor Hom en roep uit: “Hý is die Een van wie ek gesê het, ‘Hy wat ná my kom, is my voor, omdat Hy die eerste was.’ ”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Johannes het vir die mense vertel van die Woord. Hy het gesê: “Hy is die Een, ek het van Hom gepraat toe ek vir julle gesê het: ‘Iemand sal kom nadat ek gekom het. Maar Hy is belangriker as ek, want Hy was daar lank voor my.’ ”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Daarom vertel Johannes dit vir almal wat hy kan: “Jesus is die Een van wie ek gepraat het. Hy verskyn wel na my op die toneel, maar Hy is baie belangriker as ek. Voor ek nog gebore was, het Hy alreeds bestaan.”