John 1:21 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En hulle vra hom: Wat dan? Is jy Elias? En hy sê: Ek is nie. Is jy daardie profeet? En hy antwoord: Nee.
Afrikaans (NLV) 2011
En hulle antwoord hom toe: “Nou wie is jy dan? Is jy Elia?” “Nee, ek is nie,” sê Johannes. “Is jy dan die profeet?” “Beslis nie!” het hy geantwoord.
Afrikaans 1933/1953
Toe vra hulle hom: Wat dan? Is u El¡a? En hy sê: Ek is nie. Is u die profeet? En hy antwoord: Nee.
Afrikaans 1983
Hulle vra hom toe: “Wie is jy dan? Is jy Elia?” “Nee, ek is nie,” sê hy. “Is jy dan die Profeet?” “Nee!” het hy geantwoord.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Hulle vra hom toe: “Wat dan? Is u Elia?” En hy sê: “Ek is nie.” “Is u dié Profeet?” En hy antwoord: “Nee!”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Toe vra hulle vir Johannes: “Wie is jy? Is jy Elia?” En hy sê: “Nee, ek is nie Elia nie.” Toe vra hulle: “Is jy die profeet?” Hy het geantwoord: “Nee.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
So het die ondervraging aangegaan: “Wie is jy? Is jy dalk Elia wat teruggekom het?” “Nee! Ek is nie!” “Is jy die spesiale boodskapper van God wat sou kom?” “Nee.”