John 1:22 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Toe sê hulle vir hom: Wie is jy? sodat ons antwoord kan gee aan die wat ons gestuur het. Wat sê jy van jouself?
Afrikaans (NLV) 2011
Hulle het toe vir hom gesê: “Wie is jy dan? Ons moet ’n antwoord kan gee aan hulle wat ons gestuur het. Wat het jy dan oor jouself te sê?”
Afrikaans 1933/1953
Toe sê hulle vir hom: Wie is u? -- dat ons antwoord kan gee aan die wat ons gestuur het. Wat sê u van uself?
Afrikaans 1983
“Nou maar wie is jy dan? Ons moet 'n antwoord gaan gee aan dié wat ons gestuur het,” sê hulle vir hom. “Wat het jy oor jouself te sê?”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Hulle sê toe vir hom: “Wie is u? Ons moet 'n antwoord verskaf aan hulle wat ons gestuur het. Wat het u oor uself te sê?”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Hulle het vir hom gesê: “Wie is jy? Sê vir ons, want ons moet dit gaan vertel vir die mense wat ons gestuur het. Wat sê jy oor jouself?”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Ten einde raad sê die afvaardiging toe maar vir hom: “Asseblief tog, sê vir ons wie jy is. Ons kan nie sonder ’n antwoord teruggaan na die mense toe wat ons gestuur het nie. As jy nou self voor hulle kon staan en vir hulle moes sê wie jy is, wat sou jy gesê het?”