John 1:23 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Hy het gesê: Ek is die stem van een wat in die woestyn roep: Maak die pad van die Here gelyk, soos die profeet Jesaja gesê het.
Afrikaans (NLV) 2011
Sy reaksie was: “Ek is ’n stem wat roep in die woestyn: ‘Maak die pad van die Here reguit.’” Só het die profeet Jesaja mos reeds gesê.
Afrikaans 1933/1953
Hy antwoord: Ek is die stem van een wat roep in die woestyn: Maak die pad van die Here reguit! soos Jesaja, die profeet, gesê het.
Afrikaans 1983
Hy antwoord toe: “Ek is die een wat in die woestyn roep: Maak die pad vir die Here reguit.” Dit is soos die profeet Jesaja gesê het.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Hy antwoord toe, “Ek is ‘die stem van een wat uitroep in die woestyn: “Maak die pad van die Here reguit!” ’ – “soos die profeet Jesaja gesê het.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Johannes het gesê: Ek is die man wat in die woestyn skree en sê: Maak die pad gereed vir die Here! Dit is wat die profeet Jesaja gesê het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
“Ek gaan julle antwoord met die woorde van die profeet Jesaja,” sê Johannes toe. “Ek is ’n boodskapper wat in hierdie droë en onherbergsame plek uitroep: ‘Maak ’n pad gelyk en reguit vir die Here, want Hy is aan die kom.’”