John 1:26 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Johannes antwoord hulle en sê: Ek doop met water, maar daar staan een onder julle wat julle nie ken nie;
Afrikaans (NLV) 2011
Johannes se reaksie was: “Ek doop met water, maar hier tussen julle staan daar Iemand wat julle nie nou ken nie.
Afrikaans 1933/1953
Johannes antwoord hulle en sê: Ek doop met water, maar onder julle staan Hy vir wie julle nie ken nie --
Afrikaans 1983
Johannes het hulle geantwoord: “Ek doop met water, maar tussen julle staan daar Iemand vir wie julle nie ken nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Johannes het hulle geantwoord: “Ek doop met water, maar in julle midde staan daar Iemand vir wie julle nie ken nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Johannes het hulle geantwoord: “Ek doop met water. Maar daar is Iemand by julle, julle ken Hom nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
“Ek doop met water,” sê Johannes toe, “maar daar tussen julle in die skare staan Iemand anders. Julle weet nog net nie van Hom nie.