John 1:27 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Hy is dit wat na my kom, voor my verkies, wie se skoengrendel ek nie waardig is om los te maak nie.
Afrikaans (NLV) 2011
Dit is Hy wat ná my kom. Ek is nie eers werd om die riempies van sy sandale los te maak nie.”
Afrikaans 1933/1953
dit is Hy wat nmy kom, wat voor my geword het, wie se skoenriem ek nie waardig is om los te maak nie.
Afrikaans 1983
Dit is Hy wat ná my kom, wie se skoene ek nie werd is om los te maak nie.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Hy is die Een wat ná my kom, en ek is nie werd om die riempies van sy sandale los te maak nie. ”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Hy is die Een wat sal kom nadat ek gekom het. Hy is baie belangrik, ek is nie belangrik genoeg om sy sandale los te maak nie.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Nee, Hy gaan eers ná my op die toneel verskyn. Maar Hy is so belangrik in vergelyking met my dat ek nie eens soos ’n slaaf werd is om sy skoenrieme los te maak nie.”