John 1:30 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Dit is hy van wie ek gesê het: Ná my kom 'n man wat voor my verkies is, want hy was voor my.
Afrikaans (NLV) 2011
Dit is Hý van wie ek gesê het: ‘Ná my kom Iemand wat voor my reeds bestaan het. Hy is baie belangriker as ek.’
Afrikaans 1933/1953
Dit is Hy van wie ek gesê het: Nmy kom 'n man wat voor my geword het, want Hy was eerder as ek.
Afrikaans 1983
Dit is Hy wat ek bedoel het toe ek gesê het: ‘Ná my kom daar 'n Man wat my vóór is, want Hy was voor my reeds daar.’
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Hy is die Een van wie ek gesê het, ‘Ná my kom 'n Man wat belangriker as ek is, omdat Hy voor my was.’
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Ek het van Hóm gepraat toe ek gesê het: ‘Ek het gekom, en ná my sal 'n Man kom. Hy is belangriker as ek, want Hy was daar lank voor my.’
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Dit is van Hom wat ek gepraat het. Ek het mos gesê dat daar Iemand ná my gaan kom, maar dat Hy baie belangriker is as ek. Immers, voor ek nog gebore was, was Hy al daar. Julle het gevra hoekom ek doop.