John 1:31 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En ek het hom nie geken nie, maar dat hy aan Israel openbaar gemaak sou word, daarom het ek gekom en met water gedoop.
Afrikaans (NLV) 2011
Ek was self ook nie daarvan bewus dat dit Hy is nie. Daarom het ek gekom, en doop ek met water om Hom aan Israel voor te stel.”
Afrikaans 1933/1953
En ek het Hom nie geken nie; maar dat Hy aan Israel openbaar sou word, daarom het ek gekom en met water gedoop.
Afrikaans 1983
Ek het self ook nie geweet wie Hy is nie, maar ek het gekom en ek doop met water sodat Hy aan Israel bekend gestel kan word.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Ook ek het Hom nie geken nie, maar juis daarom het ek gekom en doop ek met water, sodat Hy aan Israel bekend gemaak kan word.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Ek het Hom nie geken nie, maar ek het gekom om die mense van Israel met water te doop sodat hulle sal weet wie Hy is.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Wel, ek self het nie eens mooi geweet wie Hy presies is nie. Daarom doop ek met water, want so sal God se mense Hom kan herken.”