John 1:39 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Hy sê vir hulle: Kom kyk. Hulle het gekom en gesien waar hy woon, en dié dag by hom gebly, want dit was omtrent die tiende uur.
Afrikaans (NLV) 2011
Hy antwoord hulle: “Kom kyk self en julle sal sien.” Hulle het toe gegaan en gesien waar Hy tuis was. Dit was omtrent vieruur die middag. Hulle het toe die res van daardie dag by Hom gebly.
Afrikaans 1933/1953
Wat soek julle? En hulle antwoord Hom: Rabbi -- dit wil sê, as dit vertaal word, Meester -- waar is U tuis?
Afrikaans 1983
Hy sê toe vir hulle: “Kom saam, dan sal julle sien.” Hulle het toe gegaan en gesien waar Hy tuis gaan. Dit was omtrent vieruur die middag, en hulle het die res van die dag by Hom gebly.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Hy sê toe vir hulle: “Kom kyk!” Hulle het toe gegaan en gesien waar Hy tuisgaan, en hulle het dié dag by Hom gebly. Dit was omstreeks die tiende uur.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Jesus sê toe vir hulle: “Kom kyk!” Hulle het gegaan en hulle het die plek gesien waar Hy woon. Dit was omtrent vier-uur die middag. Hulle het daardie hele dag by Jesus gebly.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
“Kom saam en kom kyk,” nooi Jesus hulle toe uit. So het dit gekom dat hulle saam is om te gaan kyk waar Hy bly. Dit was egter al laatmiddag en die son het begin water trek, met die gevolg dat die twee kuiergaste toe sommer die nag daar oorgebly het.