John 1:42 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En hy het hom na Jesus toe gebring. En toe Jesus hom aanskou, sê Hy: Jy is Simon, die seun van Jona;
Afrikaans (NLV) 2011
Hy het Simon na Jesus toe geneem. Jesus het betekenisvol na hom gekyk en gesê: “Jy is Simon, die seun van Johannes; jy sal van nou af Sefas (wat as ‘Petrus’vertaal word) genoem word.”
Afrikaans 1933/1953
Hy het eers sy eie broer Simon gekry en vir hom gesê: Ons het die Mess¡as gevind -- dit is, as dit vertaal word, die Christus.
Afrikaans 1983
Hy het hom na Jesus toe gebring. Jesus het stip na hom gekyk en gesê: “Jy is Simon seun van Johannes; jy sal Sefas genoem word.” Sefas beteken dieselfde as Petrus.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Hy het hom na Jesus geneem. Jesus het stip na hom gekyk en gesê: “Jy is Simon, die seun van Johannes. Jy sal ‘Sefas’ genoem word,” wat vertaal word Petrus.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Andreas het vir Simon na Jesus toe gebring. Toe Jesus vir Simon sien, sê Hy: “Jy is Simon seun van Johannes. Jou naam sal nou Sefas wees.” Petrus is die Griekse woord vir Sefas.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Toe hy hom kry, sê hy vir hom: “Ons het die Messias gekry.” (Die Griekse woord vir “Messias” is “Christus”.) Simon is toe agter Andreas aan na Jesus toe. Daar gekom, sien Jesus vir Simon en sê: “Jy is Simon uit die familie van Johannes. Hier tussen ons sal jy Sefas wees.” (“Sefas” is ’n ander woord vir “Petrus”.)