John 1:45 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Filippus het Natanael gekry en vir hom gesê: Ons het Hom gevind van wie Moses in die wet en die profete geskrywe het: Jesus van Nasaret, die seun van Josef.
Afrikaans (NLV) 2011
Op sy beurt loop Filippus vir Natanael raak en sê vir hom: “Ons het die persoon gevind oor wie Moses in die wet en die profete geskryf het. Dit is Jesus, die seun van Josef, wat van Nasaret af kom.”
Afrikaans 1933/1953
En Filippus was van Bets ida, uit die stad van Andr,as en Petrus.
Afrikaans 1983
Filippus kry toe vir Natanael en sê vir hom: “Ons het Hom gekry van wie Moses in die wet geskrywe het en van wie die profete ook geskrywe het. Dit is Jesus van Nasaret, die seun van Josef.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Filippus loop toe vir Natanael raak en sê vir hom: “Ons het Hom gevind van wie Moses in die Wet geskryf het, en ook die Profete – Jesus wat van Nasaret kom, die seun van Josef.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Filippus kry toe vir Natanael en sê vir hom: “Moses het in sy boeke geskryf oor die Man wat sal kom, en die profete het ook oor Hom geskryf. Ons het Hom gekry! Sy naam is Jesus. Hy is die seun van Josef en Hy kom van die stad Nasaret.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Die nuus oor Jesus het vinnig versprei. Filippus het vir Natanael gekry en hom weer vertel: “Ons het die Een gekry oor wie Moses geskryf het. Jy weet mos, dit is die Een oor wie die profete ook so geskryf het. Dit is Jesus, die seun van Josef wat in Nasaret bly.”