John 1:46 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En Natanael sê vir hom: Kan daar iets goeds uit Nasaret kom? Filippus sê vir hom: Kom kyk.
Afrikaans (NLV) 2011
Natanael se reaksie was: “Hoe kan daar uit Nasaret iets goeds kom?” “Kom kyk self,” het Filippus hom uitgenooi.
Afrikaans 1933/1953
Filippus het Nat nael gekry en vir hom gesê: Ons het Hom gevind van wie Moses in die wet en ook die profete geskrywe het: Jesus, die seun van Josef van N saret.
Afrikaans 1983
Maar Natanael sê vir hom: “Kan daar uit Nasaret iets goeds kom?” “Kom kyk,” het Filippus hom geantwoord.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
En Natanael vra hom: “Kan daar uit Nasaret iets goeds kom?” Filippus sê vir hom: “Kom kyk!”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Maar Natanael het vir hom gesê: “Nasaret? Kan daar uit Nasaret iets kom wat goed is?” Filippus sê toe vir hom: “Kom kyk!”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
“Jy speel seker. Kan daar uit Nasaret enigiets kom wat die moeite werd is?” was Natanael se reaksie. “Kom kyk self,” het Filippus egter volgehou.