John 1:48 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Natanael sê vir hom: Waarvandaan ken jy my? Jesus antwoord en sê vir hom: Voordat Filippus jou geroep het, toe jy onder die vyeboom was, het Ek jou gesien.
Afrikaans (NLV) 2011
Natanael reageer toe vraend: “Van waar ken U my?” “Voordat Filippus jou geroep het,” antwoord Jesus hom, “toe jy nog onder die vyeboom gesit het, het Ek jou al gesien.”
Afrikaans 1933/1953
Daarop sien Jesus Nat nael na Hom toe kom en sê van hom: Hier is waarlik 'n Israeliet in wie daar geen bedrog is nie.
Afrikaans 1983
Natanael vra Hom toe: “Waarvandaan ken U my?” “Voordat Filippus jou geroep het,” antwoord Jesus hom, “toe jy nog onder die vyeboom was, het Ek jou al gesien.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Natanael vra Hom: “Waarvandaan ken U my?” Jesus het hom geantwoord: “Nog voordat Filippus jou geroep het, toe jy onder die vyeboom was, het Ek jou gesien.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Natanael vra toe vir Jesus: “Hoe weet U dit? Ken U my?” Jesus sê vir hom: “Ek het jou daar onder die vyeboom gesien voordat Filippus jou geroep het.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
“Van waar af ken U my dan?” vra Natanael. “Jy was nog daar onder ’n vyeboom toe het Ek jou al raakgesien, nog voordat Filippus met jou gepraat het.”