John 1:51 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En Hy sê vir hom: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, van nou af sal julle die hemel oop sien en die engele van God op- en neerdaal op die Seun van die mens.
Afrikaans (NLV) 2011
Jesus het ook vir hom gesê: “Ek verseker julle: julle gaan die hemel wyd oop sien en julle sal die engele van God sien op- en afklim na My, die Seun van die Mens, toe.”
Afrikaans 1933/1953
Jesus antwoord en sê vir hom: Glo jy omdat Ek vir jou gesê het: Ek het jou onder die vyeboom gesien? Jy sal groter dinge sien as dit. [ (John 1:52) En Hy sê vir hom: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, van nou af sal julle die hemel geopend sien en die engele van God opklim en neerdaal op die Seun van die mens. ]
Afrikaans 1983
Verder sê Jesus vir hom: “Dit verseker Ek julle: Julle sal die hemel oop sien en julle sal die engele van God sien op- en afklim na die Seun van die mens toe.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
En Hy sê vir hom: “Amen, amen, Ek sê vir julle: Julle sal die hemel oop sien en die engele van God wat opstyg en neerdaal op die •Seun van die Mens.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Jesus het ook vir hom gesê: “Ek sê vir julle, en dit is seker: Julle sal sien die hemel gaan oop en die engele van God gaan van My na God toe, en hulle kom van Hom na My toe, na My, die Seun van die mens.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
“Luister nou mooi na wat Ek sê: Julle sal God se woonplek in die hemel sien oopgaan. Voor julle oë sal die engele van God van die Seun van die mens af opgaan daarheen en dan terugkom na Hom toe.”