John 1:7 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Hy het gekom as 'n getuienis om van die Lig te getuig, sodat alle mense deur Hom sou glo.
Afrikaans (NLV) 2011
Hy het gekom met die doel om ’n getuienis te lewer, om van die lig te getuig sodat alle mense op grond van sy getuienis sou glo.
Afrikaans 1933/1953
Hy het tot 'n getuienis gekom om van die lig te getuig, sodat almal deur hom sou glo.
Afrikaans 1983
Hy het gekom om te getuig; hy moes getuig van die lig, sodat almal deur hom tot geloof kon kom.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Hy het tot 'n getuienis gekom om van die lig te getuig, sodat almal deur hom kon glo.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Hy het gekom om vir die mense te vertel van die lig, sodat almal wat dit hoor, kon glo.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Sy sterk boodskap oor die Lig moes mense oortuig om in die Lig te glo.