John 1:9 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Dit was die ware Lig wat elke mens verlig wat in die wêreld kom.
Afrikaans (NLV) 2011
Hy wat die betroubare lig is, wat elke mens verlig, was op pad na die mensewêreld.
Afrikaans 1933/1953
Die waaragtige lig wat elke mens verlig, was aan kom in die wêreld.
Afrikaans 1983
Die ware lig wat elke mens verlig, was aan kom na die wêreld toe.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Die ware lig wat elke mens verlig, was aan die kom na die wêreld.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Die Woord was die ware lig. Hy moes vir al die mense lig bring. Hy het klaar begin om na die wêreld te kom.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Jesus, die ware, Goddelike Lig, was op pad na die wêreld toe. Hierdie Lig se strale sou op die mense in hierdie wêreld val.