John 11:6 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Toe hy dan hoor dat hy siek was, het hy nog twee dae op dieselfde plek gebly waar hy was.
Afrikaans (NLV) 2011
Toe Jesus gehoor het dat Lasarus siek is, het Hy nog twee dae oorgebly op die plek waar Hy was.
Afrikaans 1933/1953
En toe Hy hoor dat hy siek is, het Hy twee dae vertoef in die plek waar Hy was.
Afrikaans 1983
Nadat Hy gehoor het dat Lasarus siek is, het Hy egter nog twee dae op die plek gebly waar Hy was.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Toe Hy hoor van Lasarus se siekte, het Hy nog twee dae vertoef op die plek waar Hy was.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Jesus het gehoor dat Lasarus siek is, maar Hy het nog twee dae op die plek gebly waar Hy was.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Daarom het Jesus besluit om eers twee dae later Betanië toe te gaan.