John 17:10 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En alles wat myne is, is joune, en joune is myne; en Ek is in hulle verheerlik.
Afrikaans (NLV) 2011
Alles wat Myne is, is ook U s’n, en wat U s’n is, behoort ook aan My, en Ek is deur hulle verheerlik.
Afrikaans 1933/1953
En alles wat myne is, is uwe; en wat uwe is, is myne; en Ek is in hulle verheerlik.
Afrikaans 1983
Almal wat aan My behoort, behoort aan U; en wie aan U behoort, behoort aan My; en Ek word deur hulle verheerlik.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
En alles wat myne is, behoort aan U, en wat aan U behoort, is myne, en in hulle is Ek verheerlik.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Alles en almal wat aan My behoort, behoort ook aan U. Alles en almal wat aan U behoort, behoort ook aan My. Hulle wys dat Ek God is.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Hulle lê My net so na aan die hart as vir U en U gee net soveel om vir hulle as Ek. Hulle sal vir mense vertel hoe belangrik Ek is.