John 17:4 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Ek het U op die aarde verheerlik; Ek het die werk voltooi wat U My gegee het om te doen.
Afrikaans (NLV) 2011
Ek het U op aarde verheerlik deur die werk te voltooi wat U My gegee het om te doen.
Afrikaans 1933/1953
Ek het U verheerlik op die aarde. Die werk wat U My gegee het om te doen, het Ek volbring.
Afrikaans 1983
Ek het U op die aarde verheerlik deur die werk te volbring wat U My gegee het om te doen.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Ek het U op die aarde verheerlik deur die werk te voltooi wat U aan My gegee het om te doen.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
“Toe Ek op die aarde was, het Ek vir die mense gewys dat U God is, want U het vir My werk gegee om te doen, en Ek het die werk klaar gedoen.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Mense kan sien hoe groot en belangrik U is, Vader, deur te kyk na wat Ek doen. Ek het alles presies gedoen soos U gevra het. Nou is Ek klaar daarmee.