John 2:1 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En op die derde dag was daar 'n bruilof in Kana in Galiléa; en die moeder van Jesus was daar:
Afrikaans (NLV) 2011
Op die derde dag was daar ’n bruilof in Kana, in die Galilea-gebied. Jesus se ma het dit bygewoon
Afrikaans 1933/1953
En op die derde dag was daar 'n bruilof te Kana in Galil,a, en die moeder van Jesus was daar.
Afrikaans 1983
Op die derde dag was daar 'n bruilof in Kana in Galilea, en die moeder van Jesus was daar.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Op die derde dag was daar 'n •bruilofsfees by Kana in Galilea, en Jesus se moeder was daar.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Twee dae later was daar 'n troue. 'n Man en 'n vrou het getrou in die stad Kana in Galilea. Jesus se ma was ook daar.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
[1-2] Die volgende dag is Jesus en sy volgelinge na ’n troue toe. Die troue was in Kana. Kana lê in die provinsie Galilea. Jesus se ma was ook daar.