John 2:10 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En hy sê vir hom: Elkeen sit in die begin goeie wyn op; en as die mense goed gedrink het, dan wat erger is; maar die goeie wyn het jy tot nou toe bewaar.
Afrikaans (NLV) 2011
Die seremoniemeester sê toe vir die bruidegom: “Elke gasheer sit volgens gebruik eers die goeie wyn voor, en wanneer die gaste nie meer so goed kan onderskei nie, die swakker gehalte; jy het egter die goeie wyn tot nou toe teruggehou.”
Afrikaans 1933/1953
en sê vir hom: Elke mens sit eers die goeie wyn op en, wanneer hulle goed gedrink het, dan die slegste; maar u het die goeie wyn tot nou toe bewaar.
Afrikaans 1983
en sê vir hom: “'n Mens sit gewoonlik eers die goeie wyn voor, en as die mense goed gedrink het, dié van swakker gehalte; maar jy het die goeie wyn tot nou toe teruggehou.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
en sê vir hom: “'n Mens sit eers die goeie wyn voor, en eers wanneer hulle begin dronk word, dié van swakker gehalte; maar jy het die goeie wyn tot nou teruggehou.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
en vir hom gesê: “'n Mens moet eers die goeie wyn vir jou gaste gee. Later, wanneer die mense baie gedrink het, gee 'n mens die wyn wat nie so goed is nie. Maar jy het die beste wyn gebêre tot nou toe!”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
“Vir wat het jy die goeie wyn tot nou toe gebêre? Jy weet mos ons gee eers die goeie wyn vir die mense en daarna die swakker wyn.”