John 2:11 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Hierdie begin van wonderwerke het Jesus in Kana in Galilea gedoen en sy heerlikheid geopenbaar; en sy dissipels het in Hom geglo.
Afrikaans (NLV) 2011
Hierdie eerste wonderteken het Jesus in Kana, in Galilea, gedoen. Hy het sy Goddelike heerlikheid op só ’n manier sigbaar gemaak, en sy dissipels het in Hom begin glo.
Afrikaans 1933/1953
Hierdie eerste een van sy tekens het Jesus te Kana in Galil,a gedoen; en Hy het sy heerlikheid geopenbaar, en sy dissipels het in Hom geglo.
Afrikaans 1983
Hierdie eerste wonderteken het Jesus in Kana in Galilea gedoen. Hy het daardeur sy heerlikheid laat blyk, en sy dissipels het tot geloof in Hom gekom.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Dit het Jesus by Kana in Galilea gedoen, die begin van sy tekens. Hy het sy heerlikheid geopenbaar en sy dissipels het in Hom geglo.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Dit was die eerste wonderteken wat Jesus gedoen het. Hy het dit in die stad Kana in Galilea gedoen. So het Jesus vir die mense gewys dat Hy ook God is, en daarom het sy dissipels in Hom geglo.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Dit was die eerste teken wat Jesus gedoen het, daar in Kana in Galilea. So het sy grootheid en belangrikheid duidelik geword. En sy dissipels het in Hom geglo.