John 2:12 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Hierna het Hy na Kapernaum gegaan, hy en sy moeder en sy broers en sy dissipels; en hulle het nie baie dae daar gebly nie.
Afrikaans (NLV) 2011
Hierna het Jesus, sy ma, broers en dissipels na Kapernaum toe vertrek waar hulle vir ’n kort tyd gebly het.
Afrikaans 1933/1953
Daarna het Hy na Kap,rnam afgegaan, Hy en sy moeder en sy broers en sy dissipels, en hulle het daar nie baie dae gebly nie.
Afrikaans 1983
Hierna het Hy, sy moeder, sy broers en sy dissipels na Kapernaum toe gegaan, maar hulle het nie baie lank daar gebly nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Hierna het Hy, sy moeder, sy broers en sy dissipels na Kapernaum afgegaan, maar nie baie lank daar gebly nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Daarna het Jesus, sy ma, sy broers en sy dissipels na die stad Kapernaum gegaan, maar hulle het nie lank daar gebly nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Daarna het Jesus saam met sy ma, broers en volgelinge ’n rukkie in Kapernaum gaan bly.