John 2:14 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En hulle het in die tempel gevind dat beeste en skape en duiwe verkoop word, en die geldwisselaars wat sit.
Afrikaans (NLV) 2011
In die tempelgebied het Hy die smouse met hulle beeste, skape en duiwe aangetref, asook die geldwisselaars by hulle tafels.
Afrikaans 1933/1953
En Hy het in die tempel gevind die wat beeste en skape en duiwe verkoop, en die geldwisselaars wat daar sit.
Afrikaans 1983
Op die tempelplein het Hy die verkopers van beeste, skape en duiwe gekry en die geldwisselaars wat daar sit.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Op die tempelterrein het Hy verkopers van beeste, skape en duiwe aangetref, en ook die geldwisselaars wat daar sit.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
By die tempel het Hy mense gesien wat beeste, skape en duiwe verkoop. Daar het ook mense gesit wat geld omruil.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Op die plein wat aan die tempelgebou grens, was dit die ene bedrywigheid. Die plek was vol handelaars wat beeste, skape en duiwe aan die mense verkoop het om as offers te gebruik. Oral het tafels gestaan waar ’n mens vreemde geld kon omruil vir geld wat vir tempelbelasting gebruik kon word.