John 2:16 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En hy het aan die duiweverkopers gesê: Neem hierdie dinge hiervandaan; maak nie die huis van my Vader 'n handelshuis nie.
Afrikaans (NLV) 2011
En vir die smouse wat die duiwe verkoop het, het Jesus gesê: “Vat hierdie goed dadelik weg! Moenie die huis van my Vader ’n besigheidsplek maak nie!”
Afrikaans 1933/1953
En vir die duiweverkopers het Hy gesê: Neem daardie dinge hier weg; moenie die huis van my Vader 'n handelshuis maak nie.
Afrikaans 1983
Vir die mense wat die duiwe verkoop het, het Hy gesê: “Vat hierdie goed hier weg! Moenie die huis van my Vader 'n besigheidsplek maak nie.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Vir dié wat duiwe verkoop, het Hy gesê: “Vat hierdie goed hier weg! Hou op om die huis van my Vader 'n huis te maak waar handel gedryf word!”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Hy het vir die mense wat duiwe verkoop, gesê: “Vat weg al hierdie goed! Julle moenie 'n winkel maak van my Vader se tempel nie!”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Vir die duiweverkopers het Hy gesê: “Vat hierdie goed weg! Hoe durf julle my Vader se huis in ’n mark verander!”