John 2:17 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En Sy dissipels het onthou dat daar geskrywe is: Die ywer van U huis het my verteer.
Afrikaans (NLV) 2011
Jesus se dissipels het onthou dat daar geskryf staan: “Die ywer vir u huis brand in my binneste.”
Afrikaans 1933/1953
En sy dissipels het onthou dat daar geskrywe is: Die ywer vir u huis het my verteer.
Afrikaans 1983
Toe het sy dissipels daaraan gedink dat daar geskrywe staan: “Die liefde vir u huis verteer my.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Sy dissipels het onthou dat daar geskryf staan: “Die hartstog vir u huis sal My verteer.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Toe onthou sy dissipels dat daar in die Ou Testament geskryf is: Ek sal sterf omdat Ek lief is vir u tempel.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Skielik onthou sy volgelinge wat daar geskrywe staan: “Liefde en ywer vir u huis brand in my soos ’n verterende vuur.”