John 2:20 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Toe sê die Jode: Ses-en-veertig jaar lank is hierdie tempel gebou, en sal U dit in drie dae oprig?
Afrikaans (NLV) 2011
Die Jode kap toe heftig terug: “Daar is vir 46 jaar lank aan hierdie tempel gebou, en jy sal dit binne drie dae weer oprig?”
Afrikaans 1933/1953
En die Jode sê: Ses en veertig jaar lank is aan hierdie tempel gebou, en U, sal U dit in drie dae oprig?
Afrikaans 1983
Die Jode sê toe: “Ses en veertig jaar lank is daar aan hierdie tempel gebou, en u sal hom in drie dae oprig?”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Daarop het die Jode gesê: “Ses-en-veertig jaar gelede is daar aan hierdie tempel begin bou, en jy sal dit binne drie dae opbou?”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Die Jode het gesê: “Die mense het 46 jaar gewerk om die tempel klaar te bou! En jy sê jy sal dit in drie dae weer bou! Ons glo dit nie!”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
“Wat! Dit het 46 jaar se harde werk gekos om hierdie tempel te bou! En jy wil dit sommer in drie dae doen!” sê die Jode dadelik.