John 2:22 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Toe Hy dan uit die dood opgestaan het, het sy dissipels daaraan gedink dat Hy dit vir hulle gesê het; en hulle het die Skrif geglo en die woord wat Jesus gesê het.
Afrikaans (NLV) 2011
Toe Hy eers uit die dood opgewek is, het sy dissipels onthou dat Hy dit gesê het en hulle het die Skrif en die woorde geglo wat Jesus gesê het.
Afrikaans 1933/1953
En toe Hy opgestaan het uit die dode, het sy dissipels onthou dat Hy dit vir hulle gesê het; en hulle het die Skrif geglo en die woord wat Jesus gespreek het.
Afrikaans 1983
Later, nadat Hy uit die dood opgewek is, het sy dissipels daaraan gedink dat Hy dit gesê het, en hulle het die Skrif en die woorde van Jesus geglo.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Toe Hy later uit die dood opgewek is, het sy dissipels onthou dat Hy dit gesê het, en hulle het die Skrif en die woord wat Jesus gespreek het, geglo.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Later, nadat Jesus gesterf het en toe Hy weer begin lewe het, het die dissipels onthou wat Hy gesê het. Hulle het geglo wat in die Ou Testament geskryf is en wat Jesus gesê het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Toe Hy later uit die dood opgewek is, het sy volgelinge hierdie woorde van Hom baie goed onthou. Hulle het besef dat wat Hy gesê het, waar is, soos hulle ook geglo het wat in die Skrif geskryf staan.