John 2:23 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En toe Hy in Jerusalem was op die pasga, op die feesdag, het baie in Sy Naam geglo, toe hulle die wonders sien wat Hy gedoen het.
Afrikaans (NLV) 2011
Terwyl Jesus tydens die viering van die Paasfees in Jerusalem was, het baie mense in Hom begin glo toe hulle die wondertekens sien wat Hy gedoen het.
Afrikaans 1933/1953
En toe Hy in Jerusalem was op die pasga gedurende die fees, het baie in sy Naam geglo, omdat hulle die tekens gesien het wat Hy doen.
Afrikaans 1983
Terwyl Jesus vir die viering van die paasfees in Jerusalem was, het daar baie mense tot geloof in Hom gekom toe hulle die wondertekens sien wat Hy doen.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Toe Jesus tydens die Pasga in Jerusalem was, het talle die tekens gesien wat Hy doen en in sy Naam geglo.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Jesus was in Jerusalem om die Paasfees te vier. Baie mense het die wondertekens gesien wat Hy gedoen het en daarom het hulle in Hom geglo.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Jesus was vir die paasfees in Jerusalem. Baie mense het daar die wonderlike dinge gesien wat Hy gedoen het. Hulle het besef dat hierdie dinge tekens is van iets baie groters. Daarom het hulle in Jesus begin glo.