John 2:6 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En daar was daar ses waterpotte van klip, volgens die wyse van die reiniging van die Jode, met twee of drie firkins elk.
Afrikaans (NLV) 2011
Daar het ses klipkanne gestaan met water wat die Jode vir hulle rituele reiniging gebruik het. Elkeen het ongeveer 100 liter gehou.
Afrikaans 1933/1953
En daar het volgens die reinigingsgebruike van die Jode ses klipkanne gestaan, wat elkeen twee of drie ankers hou.
Afrikaans 1983
Daar het ses klipkanne gestaan vir water wat die Jode by hulle reiniging gebruik het. Elkeen het tussen negentig en honderd liter gehou.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Daar het, ooreenkomstig die reinigingsgebruike van die Jode, ses klipkanne gestaan wat elk tussen twee en drie metretes kon hou.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Daar was ses watervate van klip. Die Jode het die water in die vate gebruik om hulle te reinig. Daar was 90 tot 100 liter water in elke klipvat.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Daar eenkant het ses klipkanne gestaan. Elkeen het sowat 90 liter water gehou. Die Jode het die water gebruik om hulleself godsdienstig te reinig.