John 2:9 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Toe die owerste van die fees die water geproe het wat van wyn gemaak is, en nie geweet het waar dit vandaan kom nie, maar die dienaars wat die water getrek het, het geweet, het die goewerneur van die fees die bruidegom geroep,
Afrikaans (NLV) 2011
Toe die seremoniemeester die water proe wat wyn geword het, roep hy die bruidegom. (Die seremoniemeester het nie geweet waar dit vandaan kom nie, maar die kelners wat die water geskep het, het wel geweet.)
Afrikaans 1933/1953
En toe die hoofdienaar die water proe wat wyn geword het -- en hy het nie geweet waarvandaan dit was nie, maar die dienaars wat die water geskep het, het geweet -- roep die hoofdienaar die bruidegom
Afrikaans 1983
Die seremoniemeester het nie geweet waar dit vandaan kom nie, maar die kelners wat die water uitgeskep het, het geweet. Toe die seremoniemeester die water proe wat wyn geword het, roep hy die bruidegom
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Toe die hoofkelner die water proe wat wyn geword het – hy het nie geweet waar dit vandaan kom nie, hoewel die dienaars wat die water uitgeskep het, geweet het – roep hy die bruidegom
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Die hoofkelner het geproe dat die water wyn geword het. Hy het nie geweet van waar die wyn kom nie, maar die kelners wat die water geskep het, het geweet. Die hoofkelner het die bruidegom geroep
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Toe die seremoniemeester daarvan proe, roep hy die bruidegom: